La Rochelle

La Rochelle

Kaart Wapen
Vlag
 Land Frankryk
 Région (gewes) Nieu-Akwitanië
 Département Charente-Maritime
 Koördinate 46°10′N 1°9′O / 46.167°N 1.150°O / 46.167; 1.150
 Stigting 9de eeu
 Oppervlakte:  
 - Totaal 28,43 vk km
 Hoogte bo seevlak 5 m (0-28 m)
 Bevolking:  
 - Totaal (1 Januarie 2016) 75 736
 - Bevolkingsdigtheid 2 663,9/vk km
 Tydsone UTC+1
 - Somertyd UTC+2
 Burgemeester Jean-François Fountaine
 Amptelike webwerf La Rochelle
'n Lugfoto van die jaghawe Port de Plaisance de Minimes wat onder die grootstes ter wêreld gereken word
Sentinel-2A, 'n observasiesatelliet wat deur die Europese Unie geloods is, het hierdie foto van La Rochelle en sy omgewing op 26 Desember 2015 geneem. Aan die linkerkant is die eiland Île de Ré, met die brug, wat dit met La Rochelle verbind, in die middel

La Rochelle is 'n stad in die suidweste van Frankryk en die hoofstad (prefektuur) van die département Charente-Maritime met 'n bevolking van 75 736 (soos op 1 Januarie 2016). Die stad is aan die Golf van Biskaje geleë.

La Rochelle was eeue lank die grootste Franse seehawe aan die Atlantiese Oseaan - 'n status waaruit 'n groot verskeidenheid internasionale bande voortgespruit het. So het die stad 'n belangrike rol by die stigting van Franse kolonies in Noord-Amerika gespeel. Vandag het La Rochelle steeds 'n kosmopolitiese karakter - en beskik oor een van die grootste jaghawens ter wêreld, die Port de Plaisance de Minimes. Sy leuse - «La Rochelle, belle et rebelle» - weerspieël die selfbewuste optrede van sy bevolking gedurende die stad se Protestantse geskiedenis wat 'n tragiese einde gehad het.

Danksy sy kenmerkende wit sandsteengeboue staan La Rochelle in Frankryk bekend as la ville blanche - "die wit stad". Die stad word deur 'n brug met 'n lengte van 2,9 kilometer met die eiland Île de Ré verbind. Sy hawe lê aan die einde van 'n beskermde seestraat, die Pertuis d'Antioche.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy